PIETER RICHMULLER - BIOGRAFIE

Die voormalige hoofsanger van die dinamiese, skreeusnaakse groep DJ Ossewa, Pieter Rischmuller, AKA Piet Pompies, met die bruin bolhoed, het in 2014 besluit om sy vlerke te sprei, nuwe horisonne te ontdek, nuwe avonture te beleef en die wêreld aan die brand te sing, en gehore te vermaak met sy voet-stamp, polsende, lyfswaai liedjies en spitsvondige, sprankelende verhoogpersoonlikheid.

Pieter Rischmuller is nie net sanger/ liedjieskrywer, radiopersoonlikheid en grapkas nie, maar ook ‘n TV aanbieder by net-afrikaans.com, en ‘n uitmuntende afslaer en MC vir alle geleenthede asook ‘n kranige golfer, en ook bekend in die hengel wereld. Hy het sy debuut as radio-aanbieder in 1996 gemaak en later ook sport kommentator, voordat hy die musiekbedryf die stryd aangesê het in 2003 saam met die groep, DJ Ossewa.

In 2014 het Piet Pompies besluit om die wêreld te verower op eie stoom, met liedjies soos Briljantjie, Lyf is soos ‘n lovesong, Fynbos, Engeltjie, Hard to get, en Hoop. Sy eerste solo album met die titel “SOLO” het Oktober 2014 sy verskyning gemaak, en word op verskeie radio stasies dwarsoor die land gespeel. Sy engelse liedjies “Show me more” en “3 Words” word ook op radio stasies reg oor die wereld gespeel. Die liedjie “3 Words” was Pieter se eerste volwaardige Country liedjie, en het groot opslae gemaak in veral die VSA, en was benoem vir ‘n internationale toekenning.

In 2018 is sy volgende album uitgeriek deur VONK Musiek onder sy regte naam, as Pieter Rischmuller, en weereens het Pieter Rischmuller alias Piet Pompies, treffers op die album gesit. 4 van die album se liedjies was reeds Nr.1 op verskeie radio stasies se Treffers parade. Kyk uit vir nuwe liedjies soos “Bring net jou sussie saam”, “My Harlekyn”, “Jakkals Dans Vanaand”,“Somertyd”, “Goodbye is net vir nou”, “Supercalifragilistic”, “Kliphard vir jou geval”.

In sy 30 jaar in die vermaaklikheids bedryf het hy al vele gewilde liedjies geskryf, en in 2021 het Pieter Rischmuller besluit om sy passie vir Country musiek ook met die wereld te deel, met groot sukses.

Pieter Rischmuller het besluit om die wereld te wys dat baie meer in hom is, as net die opgewekte partytjie liedjies waarvoor hy bekend geraak het. Reeds het hy gesorg vir ‘n kopskuif liedjie wat met jou siel praat, met sy eie skepping “ Cry on my shoulder” wat reeds op digitale vorm beskikbaar is, asook Youtube. Die lied het reeds international erkenning ontvang en word wereldwyd gespeel. Dan het hy ook weer ‘n lekker vrolike partytjie liedjie saam met sy naamgenoot Pieter Smith ( Stukkie vd Merwe) opgeneem, met die title “Wie se Brannewyn”.

IN 2021 verwerf hy erkenning vir sy musiek by die Afri-Indie onafhanklike musiek toekennings, deur aangewys te word as Beste manlike kunstenaar vir 2021, en in dieselfde jaar ontvang Pieter 5 Nominasie vir die South African Country music awards, en stap weg met 3 Toekennings vir sy liedjies Rodeo, Jag op Tulbach, en Country Girl. Laasgenoemde treffer het groot opslae gemaak by Country musiek radio stasis reg oor die wereld. Pieter het die Televisie mark betree is 2021 as aanbieder van die program Twakpraat met Piet Pompies, en daarna in 2023 die program HoekToe op die afrikaanse betaal kanaal Net-Afrikaans. In 2022 stel Pieter weer ‘n klomp nuwe liedjies vry. Amper Daar, Anything, Boshoff Afrikaners, en Christmas Star.

“Anything” ontvang die Afri-Indie toekenning in 2022 vir die Southern Rock single van die jaar, en Pieter ontvang ook die Afri-Indie Toekenning vir Beste Southern Rock musiek video, asook Beste Southern Rock Live act vir 2022. “Anything” was ook reg oor die wereld goed ontvang deur radio stasis, en het ook die “Charts” gehaal op verskeie radio stasis in die VSA. “Anything” het ook die toekenning ontvang by die SA Country music Awards, as beste Manlike Country Single vir 2022.

“Christamas Star” was Pieter Rischmuller se eerste Kersfees liedjie, wat hy geskryf het, en opgeneem het saam met die gewilde SA Country groep WEST. Die lied is ook wereldwyd op radio stasies gehoor.

“Boshoff Afrikaners” is in 2023 steeds op treffers parades in SA, en was in Bloemfontein 7 weke op nr 1 op Rosestad Stereo, en het selfs die nr 1 posisie beklee in Mpumalanga op Radio Laeveld. “Boshoff Afrikaners” is ook genomineer vir ‘n toekenning vir beste Afrikaanse lied deur Afri-Indie vir 2023.

In 2023 word Pieter Rischmuller weer genomineer deur die Afri-Indie Awards in 6 kategorië. Een van die nominasie is vir sy nuutste vrystelling getitel “Oh Yeah”.

Hy het die transformasie van Piet Pompies tot Pieter Rischmuller suksesvol en strategies gemaak, en sy musiek is beskikbaar op alle digitale platforms. As ‘n mens luister na sy groot verskeidenheid van musiek, sy sukses oor die wereld, en sy optredes bywoon kan jy insien waarom hy as een van Suid-Afrika se musiek legends bestempel word deur gehore dwarsoor die land.

Bespreek sommer nou vir Pieter Rischmuller (Piet Pompies) vir jou volgende funksie en wees verseker van eindelose vermaak, en ‘n musikale reis. www.pietpompies.co.za / www.rischmuller.co.za

Facebook: Pieter Rischmuller aka Piet Pompies

Instagram: Pieter Rischmuller